Die Lord's Resistance Army (LRA) (Die Heer se Versetleër) is 'n rebellegroep in Noord-Uganda wat in 1987 ontstaan het. Die groep word gelei deur Joseph Kony, wat homself as 'n profeet verklaar het en 'n staat wil skep op grond van sy eie interpretasie van die Bybelse Tien Gebooie.