Lotharings Frankies Plàtt, lottrìnger Plàtt | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Frankryk | |
Gebied: | Moselle | |
Totale sprekers: | ||
Taalfamilie: | Indo-Europees Germaans Wes-Germaans Middelduits Wes-Middelduits Lotharings Frankies | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: |
| |
ISO 639-3: | — | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Lotharings-Frankies (Frans: Francique, platt lorrain, of platt mosellan) verwys hoofsaaklik na die Moselle Frankiese (Duitse) dialek wat in die noordoostelike deel van die Franse région Lotaringe, in die noordelike deel van die département Moselle gepraat word. Lotharings Frankies is nou verwant aan Luxemburgs (Luxembourgish). Beide behoort tot die Wes-Middelduitse (Duits: Westmitteldeutsch) taalgroep.
Streng gesproke word Lotharings-Frankies in die noord-sentrale deel van Moselle gepraat, in die omgewing van Bouzonville. Verder wes, rondom Thionville (plaaslik bekend as Diedennuewen), word Luxembourgish gepraat, en verder oos, rondom Sarreguemines en Bitche, word Ryn Frankies gepraat. In praktyk word die term "Lotharings-Frankies" soms gebruik om na al die Germaanse variëteite wat in noordoos Lotaringe gepraat word te verwys.
Deels as gevolg van die onsekerheid oor die taalnaam wissel skattings van die aantal sprekers heelwat van 30 000[1] tot so veel as 400 000. Een van die meer betroubare bronne, die Enquête famille wat as deel van die 1999 sensus uitgevoer is, dui aan dat ongeveer 78 000 mense aangedui het dat hulle Lotharings-Frankies (platt lorrain) praat, maar minder as 50 000 het basiese kennis aan hulle kinders oorgedra. Verder gebruik minder as 30% van die mans wat op 5-jarige ouderdom gereeld Lotharings-Frankies gepraat het, gereeld Lotharings-Frankies met hulle kinders.[2]