Louis Luyt

Louis Luyt
Gebore
Oswald Louis Petrus Poleÿ Luyt

18 Junie 1932
Sterf1 Februarie 2013 (op 80)
NasionaliteitSuid-Afrika
BeroepSakeman, politikus, rugbyadministrateur
Bekend virInligtingsdebakel
TitelDr.
EggenootAdri Luyt
Kinders4 kinders
Ouer(s)Charles Luyt en Cornelia Poleÿ

Dr. Louis Luyt (18 Junie 19321 Februarie 2013)[1] was ’n Suid-Afrikaanse sakeman en voormalige politikus en rugbyadministrateur. Luyt het vir hom naam gemaak as ’n jong rugbyster; hy het daarna die maatskappye Triomf Kunsmis en Luyt Brouerye gestig; en het beheer oor die Ellispark-stadion in Johannesburg namens die TRVU (Transvaalse Rugby Voetbalunie) oorgeneem in 1984. Luyt het veral bekendheid verwerf deur sy betrokkenheid by die Inligtingsdebakel van 1978 en sy beweerde finansiering om The Citizen-tabletkoerant namens die regering op die been te bring.

  1. (af) "Oud-rugbybaas Louis Luyt sterf". www.nuus24.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Februarie 2013. Besoek op 1 Februarie 2013.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne