Louise Brown

Louise Brown
Gebore
Louise Joy Brown

25 Julie 1978
NasionaliteitVerenigde Koninkryk
Bekend virEerste proefbuisbaba
EggenootWesley Mullinder (get. 2004)
KindersCameron Mullinder
Ouer(s)John en Lesley Brown

Louise Joy Brown (1978 - ) was die eerste "proefbuisbaba" in die geskiedenis.[1]

Louise Brown is die oudste kind van John en Lesley Brown. Na nege jaar se probeer ondergaan hulle die eerste IVF-behandeling (invitro-bevrugting). Die behandeling is deur Patrick Steptoe en Robert Edwards uitgevoer. Dit was suksesvol en Louise is op 25 Julie 1978 deur middel van 'n keisersnee gebore. Sy het met geboorte 2,6 kg geweeg.

Alle bewyse dui daarop dat die IVF-metode, wat intussen deur miljoene mense gebruik is, tot gesonde en vrugbare kinders lei. Brown het geen gebrek of enige ernstige siektes nie. Haar suster Natalie, wat 4 jaar jonger en ook 'n proefbuisbaba is, is ook gesond.

Brown werk by die poskantoor in Bristol en is sedertdien getroud. Op 10 Julie 2006[2] kom dit aan die lig dat sy op natuurlike wyse swanger geword het. Haar seun, Cameron, is op 21 Desember 2006 gebore. Sy was egter nie die eerste proefbuisbaba wat self 'n kind gekry het nie. Die eer het haar suster reeds in 1999 toegeval.[3]

  1. Onvrugbaarheid: so word lewe in hospitaal geskep; Met nuwe Icsi kan meeste mense gehelp word[dooie skakel], Beeld, 15 Junie 1996
  2. Baby son joy for test-tube mother, BBC News
  3. World's first IVF baby marks 30th birthday, Agence France-Presse

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne