Luc Montagnier | |
---|---|
Luc Montagnier, 2008
| |
Gebore | 18 Augustus 1932 Chabris, Centre-Val de Loire, Frankryk |
Burgerskap | Frans |
Tuisdorp | Shanghai, Volksrepubliek China |
Werkgebied | Viroloog |
Alma mater | Universiteit van Parys |
Werkplekke |
|
Bekend vir | Ontdenking van MIV |
Toekennings |
|
Hierdie artikel is deel van 'n reeks oor |
Alternatiewe medisyne, pseudomedisyne en skynwetenskappe |
---|
Skynmedisyne en skynwetenskap
|
Samesweringsteorieë
|
Tradisionele medisyne
|
Diagnose
|
Luc Antoine Montagnier (gebore 18 Augustus 1932 – 8 Februarie 2022)[2] was 'n Franse viroloog en mede ontvanger, saam met Françoise Barré-Sinoussi en Harald zur Hausen, van die Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde in 2008 vir sy ontdekking van die menslike immuniteitsgebreksvirus (MIV).[3] Hy het as navorser aan die Pasteur-instituut in Parys en as voltydse professor aan die Shanghai Jiao Tong-universiteit in China gewerk.[4]
Tydens die Covid-19-pandemie was Montagnier 'n voorstander van die samesweringsteorie waarin SARS-CoV-2, die virus wat Covid-19 veroorsaak, doelbewus geskep is en daarna uit 'n laboratorium ontsnap het. So 'n bewering is deur ander viroloë weerlê.[5][6][7] Hy is deur ander akademici gekritiseer omdat hy sy Nobelprysstatus gebruik het om "gevaarlike gesondheidsboodskappe buite sy kennisveld te versprei".[8]
In 2009 het Montagnier twee kontroversiële navorsingstudies gepubliseer wat tot die gevolgtrekking gekom het dat "verdunde DNS van patogene bakteriese en virusspesies spesifieke radiogolwe kan afgee" en dat "hierdie radiogolwe verband hou met 'nanostrukture' in die oplossing wat moontlik die patogeen kan herskep".[9] In 2010 het Montagnier 'n nuwe metode voorgestel om virusinfeksies op te spoor wat baie ooreenkomste met die basiese beginsels van homeopatie dra. Sy kommentaar is vinnig omhels deur homeopate wat gretig geloofwaardigheid wou vind.[10]
In 2012 het hy die hoofrede gelewer tydens 'n groep teen inenting se konferensie oor outisme.[11]
<ref>
tag; no text was provided for refs named Jeantet
<ref>
tag; no text was provided for refs named AHD
<ref>
tag; no text was provided for refs named BBC_Nobel
<ref>
tag; no text was provided for refs named sjtu
<ref>
tag; no text was provided for refs named Bast
<ref>
tag; no text was provided for refs named Frutos
<ref>
tag; no text was provided for refs named Andersen
<ref>
tag; no text was provided for refs named connexion
<ref>
tag; no text was provided for refs named Coghlan
<ref>
tag; no text was provided for refs named Australian
<ref>
tag; no text was provided for refs named AO2012