Luciano Leggio | ||
![]() | ||
Leggio in 1974. | ||
Gebore | Corleone, Sisilië | 6 Januarie 1925 |
Oorlede | 15 November 1993 (op 68) Nuoro, Sardinië | |
Rede vir dood | Hartaanval | |
Land | ![]() | |
Beroep | Mafioso | |
Ander name | Luciano Liggio | |
Misdaadbesonderhede | ||
Misdaad | Moord | |
Slagoffers | Michele Navarra | |
Beweging | Sisiliaanse Mafia | |
Vonnisbesonderhede | ||
Aangekeer | 16 Mei 1974 | |
Vonnis | Lewenslange tronkstraf | |
Status | Oorlede |
Luciano Leggio (6 Januarie 1925 – 16 November 1993) was ’n Italiaanse misdadiger en ’n leiersfiguur in die Sisiliaanse Mafia. Hy was hoof van die Corleonesi, die Mafiafaksie wat op die dorp Corleone ontstaan het. Hy is ook bekend onder die van Liggio weens ’n spelfout in hofdokumente van die 1960's.[1]
Hy was die man wat die Corleonesi die oorheersende familie van die Mafia in Sisilië gemaak het en was bekend daarvoor dat hy vonnisoplegging vir verskeie misdade vrygespring het, onder meer manslag, voordat hy eindelik in 1974 lewenslange tronkstraf opgelê is.