Lucius Cornelius Scipio Barbatus (omstreeks 337 v.C. - 270 v.C.) was een van twee Romeinse konsuls in 298 v.C. Hy het die Romeinse leër aangevoer tot 'n oorwinning oor die Etruskers naby Volterra. Hy was 'n lid van die adellike Romeinse familie van die Scipione, en was die vader van Lucius Cornelius Scipio en Gnaeus Cornelius Scipio Asina en oupagrootjie van Scipio Africanus.