Ludwig Wittgenstein | |
Ludwig Wittgenstein in 1910
| |
Geboortenaam | Ludwig Josef Johann Wittgenstein |
---|---|
Gebore | 26 April 1889 Wene, Oostenryk-Hongarye |
Oorlede | 29 April 1951 (op 62) Cambridge, Engeland |
Nasionaliteit | Oostenryk |
Vakgebied | Logika, metafisika, taalfilosofie, filosofie van die wiskunde, filosofie van die gees, Epistemologie |
Beïnvloed deur | Gottlob Frege, Johann Wolfgang von Goethe, Søren Kierkegaard, G. E. Moore, Oswald Spengler, Piero Sraffa, Otto Weininger, Bertrand Russell, Arthur Schopenhauer, Baruch Spinoza, Leo Tolstoi, Heinrich Hertz, Hermann von Helmholtz |
Invloed op | Jacques Derrida, Bertrand Russell, G.E. Moore, Frank P. Ramsey, Weense Sirkel, Rudolf Carnap, Alan Turing, G.E.M. Anscombe, Gilbert Ryle, Saul Kripke, Daniel Dennett, John Searle, Hans Sluga, Peter Hacker, Stephen Toulmin |
Handtekening |
Ludwig Josef Johann Wittgenstein (26 April 1889 – 29 April 1951) was 'n Oostenrykse filosoof wat hoofsaaklik in logika, die filosofie van wiskunde, die geestesfilosofie en die taalfilosofie gewerk het.[1] Hy het aansienlike invloed op die 20ste eeuse filosofie gehad, veral in die analitiese stroming, waarin hy as een van die groot geeste beskou word.
Voor sy afsterwe op 62 jarige ouderdom [2] was die enigste boek-lengte stuk wat hy geskryf het die Tractacus Logico-Philosophicus, en sy Philosophische Untersuchungen (Filosofiese Ondersoeke) is kort na sy dood gepubliseer. Beide hierdie werke word hoog aangeslaan in analitiese filosofie, al is daar 'n duidelik verskil tussen die 'vroeë' en 'latere' Wittgenstein en die Ondersoeke 'n breking met die filosofie in die Tractacus is.[3][4]