Lydenburg (Mashishing) | |
---|---|
Die Voortrekkerkerk op Lydenburg | |
Koördinate: 25°06′S 30°27′O / 25.100°S 30.450°O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Mpumalanga |
Distrik | Ehlanzeni |
Munisipaliteit | Thaba Chweu |
Stigting | 1849 |
Oppervlak | |
• Totaal | 17,31 km2 (6,68 vk. myl) |
Hoogte | 1 371 m (4 498 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 37 258 |
• Digtheid | 2 152/km2 (5 570/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 22.5% |
• Indiërs/Asiërs | 0.5% |
• Bruin mense | 1.4% |
• Swart mense | 75.3% |
• Ander | 0.3% |
Taal (2011) | |
• Noord-Sotho | 26.2% |
• Afrikaans | 22.8% |
• Swazi | 18.7% |
• Zoeloe | 13.1% |
• Ander | 19.2% |
Poskode (strate) | 1120 |
Poskode (posbusse) | 1120 |
Skakelkode | 013 |
Lydenburg is 'n dorp in noordelike Mpumalanga, Suid-Afrika. Lydenburg is geleë aan die Spekboomsytak van die Olifantsrivier aan die voet van die Long Tompas. Die naam van die dorp is uit Nederlands afkomstig en beteken "Dorp van Lyding." Die dorp is in die hart van die Suid-Afrikaanse forelhengelgebied en is 'n landbou- en mynbousentrum. Lydenburg is deel van die Thaba Chweu Plaaslike Munisipaliteit wat volgens die 2011 sensus 'n bevolking van 98 387 gehad het.