Lynne Brown | |
![]() Lynne Brown in 2014 | |
Minister van Openbare Ondernemings
| |
Ampstermyn 25 Mei 2014 – 27 Februarie 2018 | |
President | Jacob Zuma |
---|---|
Voorafgegaan deur | Malusi Gigaba |
Opgevolg deur | Pravin Gordhan |
6de Premier van die Wes-Kaap
| |
Ampstermyn 25 Julie 2008 – 6 Mei 2009 | |
Voorafgegaan deur | Ebrahim Rasool |
Opgevolg deur | Helen Zille |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 26 September 1961 Kaapstad, Kaapprovinsie, Suid-Afrika |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaner |
Politieke party | African National Congress |
Lynne Brown (gebore 26 September 1961) is die voormalige Minister van Openbare Ondernemings en voormalige Premier van die Wes-Kaapprovinsie in Suid-Afrika.[1] Sy is in Kaapstad gebore en in Mitchells Plein getoë. Na die bedanking van Ebrahim Rasool in Julie 2008 is sy as die Premier van die Wes-Kaap aangestel.[1]
Sy was voorheen die Minister van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme.[1] Sy is 'n lid van die African National Congress en tydens 2007 en 2012 was sy 'n verkose lid van die ANC Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK).[1] Sy was die vierde kleurlingpremier van die Wes-Kaap en die tweede van die African National Congress. Sy is ook die eerste openlik homoseksuele persoon wat in 'n kabinetsposisie in enige Afrikaregering aangestel is.[2][3]
Brown is weggelaat uit die kabinet van President Cyril Ramaphosa,[4] en het op 1 Maart 2018 bedank as 'n ANC-parlementslid.[5]