Lynnwood Glen | |
---|---|
Lynnwood Glen gesien vanaf Faerie Glen Natuurreservaat | |
Koördinate: 25°46′26″S 28°16′54″O / 25.77389°S 28.28167°O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Tshwane |
Oppervlak | |
• Totaal | 2,78 km2 (1,07 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 4 123 |
• Digtheid | 1 483/km2 (3 840/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 73.03% |
• Indiërs/Asiërs | 2.18% |
• Bruin mense | 1.33% |
• Swart mense | 20.66% |
• Ander | 2.79% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 50.18% |
• Engels | 31.74% |
• Zoeloe | 2.06% |
• Tswana | 2.66% |
• Ander | 13.36% |
Poskode (strate) | 0081 |
Lynnwood Glen is 'n voorstad van Pretoria in Gauteng, Suid-Afrika. Die voorstad is in 1967 gestig en is geleë op 'n gedeelte van die oorspronklike plaas Hartebeestpoort wat aan mnr. F.E.B. Struben behoort het.[2]
Dit word begrens deur Atterburyweg aan die suide, January Masilela-rylaan (voorheen Generaal Louis Botharylaan) aan die ooste, Lynnwoodweg aan die noorde en die N1-snelweg aan die westekant.
Die Moreleta- en Waterkloofspruite loop deur die voorstad en die Strubendam-voëlreservaat is ook hier geleë. Die gebied is bekend vir sy unieke verskeidenheid inheemse voëls en klein soogdiere.[3]