Lys van die grootste sterrestelsels

Hieronder is ’n lys van die grootste sterrestelsels wat tot dusver ontdek is, volgens grootte.

Die volgorde van die lys is spekulatief omdat:

  • Sterrestelsels nie presiese grense het nie. Van die middel van die stelsel af word die sterre net minder dig en lê hulle verder van mekaar af. Hierdie lys plaas die grens van ’n sterrestelsel waar minstens een ster per 100 ligjare voorkom en sterre mekaar dus deur hul swaartekrag sal aantrek.
  • Die meeste sterrestelsels onbekende liguitstralings teen verskillende golflengtes het. ’n Voorbeeld is IC 1101, waarvan die X-straal-uitstralings tot meer as 6 miljoen ligjare ver strek ten spyte van sy kleiner deursnee wat sterre betref.
  • Die meeste stelsels swaartekragversteurings ondergaan wat hul sterre verder laat uitsprei. Op dié lys is die grens van stelsels waar die swaartekrag oorheersend is; dit neem nie getysterte en ander wisselwerkings in ag nie.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne