Lys van ingelyfde NG gemeentes

Die gebou van die eertydse NG gemeente Boston, nou deel van die Vredelust-gemeente, is deur Wollie Bronkhorst ontwerp.
Die NG gemeente De Hoop is ingelyf by die NG gemeente Oudtshoorn-Park; so ook die NG gemeente Oudtshoorn-Zeelandsnek.
NG gemeente Die Vlakte se kerkgebou en -saal, op die hoek van Taronga- en Lawsonweg, is nou die Islamitiese Vereniging Rondebosch-Oos se tuiste ná die gemeente by drie buurgemeentes ingelyf is. Twee van hulle, Van Riebeeck en Keurboom is intussen op hulle beurt ingelyf.
NG gemeente Keurboom is ingelyf by NG gemeente Rondebosch in 1990.
Die gemeente Kruisvallei het in 1843 van Tulbagh afgestig weens onenigheid oor die bediening van ds. Robert Shand. Dis eers in 1897 in die Sinode opgeneem. In Oktober 1935 het die twee gemeentes ná 92 jaar saamgesmelt. Die moedergemeente se Hager-kerkgebou van 1878 het toe in onbruik verval en is in 1956 gesloop. Die Kruisvallei-kerk was in gebruik tot die aardbewing van 1969 dit so ernstig beskadig het dat dit gesloop moes word. Die nuwe Tulbaghse kerk is in 1973 in gebruik geneem.
Die NG gemeente Maitland, waarby NG gemeente Woodstock ingelyf is.
Die NG gemeente Parow is in 1917 gestig, maar smelt in 1996 saam met Parow-Sentraal as NG gemeente Parow-Nuutbegin. Hierby word Parow-Suid ingelyf. In 2004 smelt Parow-Wes, Tygerberg (waarby Parow-Oos ingelyf is) en Nuutbegin saam as NG gemeente Parow. Dr. W.P. Steenkamp het die kerkgebou in Sarel Cilliersstraat se hoeksteen op 6 September 1930 gelê. Wat dus eers ses gemeentes was, word eindelik net een.
Die Rondebosse NG gemeente waarby albei haar dogtergemeentes sedert 1989 ingelyf is.
Die eertydse gebou van die NG gemeente Ruyterwacht-Wes, vroeër bekend as Epping-Wes. Ná dié gemeente in 1999 saamgesmelt het met Ruyterwacht (vroeër Eppingtuin), gebruik die nuwe gemeente dié kerkgebou in Saldanhastraat, ontwerp deur Wynand Louw.
Stellenbosch se Studentekerk is ingelyf by die moedergemeente.
NG gemeente Woodstock by NG gemeente Maitland ingelyf is, huisves die gebou nou 'n Baptistekerk.
NG gemeente Wynberg-Militêr is ingelyf by NG gemeente Wynberg.

'n Lys van al die gemeentes van die Nederduitse Gereformeerde Kerk ingelyf by ander gemeentes, ingedeel volgens die huidige tien sinodes van die kerk, asook Midde-Afrika, wat nie meer 'n afsonderlike sinode is nie, maar bestaan het uit gemeentes in Zimbabwe, Zambië, Kenia en Tanzanië.

Die getal NG gemeentes het van 1985 tot begin 2012 met 93 afgeneem van 1 246 tot 1 153 en tot begin 2014 met nog 15 tot 1 138. In 2019 was dit nagenoeg 1 115.

Amper 200 gemeentes het egter ophou bestaan omdat heelwat nuwe gemeentes van bestaande gemeentes afgestig het of nuwe gemeentes deur die samesmelting van bestaande gemeentes ontstaan het. Deur die loop van 2011 het die pas waarteen gemeentes ingelyf, saamgesmelt of ontbind het, oënskynlik toegeneem vergeleke met vorige jare toe meer as 10 gemeentes ophou bestaan het. Van dié wat ingelyf is of ontbind het, was De Aar-Suid, Vryburg-Oos, Boksburg, Bloemhof-Oos, Lichtenburg-Noord en -Wes (saamgesmelt), Reitzpark (Welkom), Eloffsdal, Eloffsdal-Wes en Magaliesfort (Pretoria, al drie saamgesmelt), Claremont (Johannesburg) en Ogies.

In 2013 en 2014 het nog twee ou moedergemeentes aan die Rand verdwyn toe Springs (1920) by Springs-Noord ingelyf is en Benoni (1914) by Farrarmere (met die nuwe naam Jubilaté). Teen 2015 is dus reeds die volgende agt moedergemeentes by dogtergemeentes ingelyf: Alberton (1916), Benoni (1914), Boksburg (1894), Germiston (1899), Krugersdorp (1890), Randfontein (1939), Turffontein (1906) en Springs (1920). Die enigste van die groot dorpe en stede aan die Rand wat nog 'n moedergemeente oorgehad het, was Johannesburg (1887), Roodepoort (1905), Brakpan (1917) en Kempton Park (1943).

Gemeentes in kursief weergegee, bestaan nie meer nie. By besonder ou gemeentes (binne die verband van hul sinode) wat ingelyf is, word die stigtingsjaar tussen hakies aangedui.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne