MP 40

MP40 — Deur Erma vervaardig in 1943, met ‘n uitvoubare kolf.

Die MP 40 (Maschinenpistole 40) is 'n submasjiengeweer wat 9×19 mm Parabellum-patrone gebruik. Dit is in Nazi-Duitsland ontwikkel en op groot skaal deur die Spilmoondhede tydens die Tweede Wêreldoorlog gebruik.

Dit is in 1938 ontwerp deur Heinrich Vollmer met inspirasie van sy voorganger, die MP 38, en is baie gebruik deur infanteriste (veral peloton- en groepleiers), en deur valskermsoldate, aan die Oos- en Westelike Fronte sowel as gepantserde gevegvoertuie-spanne.[1][2]Sy gevorderde en moderne kenmerke het dit 'n gunsteling gemaak onder soldate en gewild in lande van verskeie wêrelddele na die oorlog. Dit is dikwels deur die Geallieerdes "Schmeisser" genoem, na Hugo Schmeisser, wat die MP 18 ontwerp het, hoewel hy nie betrokke was by die ontwerp of vervaardiging van die MP 40 nie. Die wapen se ander variante het die MP 40/I en die MP 41 ingesluit Van 1940 tot 1945 is na raming 1,1 miljoen deur Erma Werke vervaardig.

  1. Archived at Ghostarchiveand the "MP 40 - Role & Tactics". YouTube. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Julie 2020. Besoek op 9 Januarie 2023.{{cite web}}: CS1 maint: bot: original URL status unknown (link): "MP 40 - Role & Tactics". YouTube.{{cite web}}: AS1-onderhoud: url-status (link)
  2. "MP40 Sub Machine Gun | ParaData". www.paradata.org.uk. Besoek op 27 Maart 2021.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne