Ma Huateng (geb. 29 Oktober 1971 in Tsjaojang, Guangdong), ook bekend as Pony Ma, is 'n Chinese entrepreneur en stigter van Tencent, een van die grootste internetmaatskappye in China.[1][2] Hy is in 2007 deur Time as een van die wêreld se invloedrykste persone aangewys.[3] In Oktober 2013 was Ma die vyfde rykste persoon in China en die 173ste rykste persoon ter wêreld, met 'n geskatte netto waarde van VS$10.2 miljard.[4]