’n Vergelyking in die Maan se grootte tydens sy perigeum en apogeum.
Maanafstand is ’n meeteenheid in sterrekunde. Dit is die gemiddelde afstand tussen die middelpunt van die Aarde en dié van die Maan. Meer tegnies gesproke is dit die gemiddelde halwe lengteas van die geosentriese wentelbaan van die Maan. Dit word ook die Aarde-Maan-afstand of afstand na die Maan genoem en word dikwels aangedui as LD of .[1]
Die gemiddelde halwe lengteas het ’n waarde van 384 402 km.[2] Die werklike afstand wissel na gelang van die Maan se wentelbaan, van 356 500 km by sy perigeum (naaste afstand) tot 406 700 km by sy apogeum (verste afstand), dus ’n verskil van 50 200 km.[3]
Millimeter-presisie-metings van die maanafstand word gedoen deur die tyd te meet waarin lig beweeg tussen laserstasies op die Aarde en retro-reflektors wat op die Maan geplaas is.
Die afstand tussen die Aarde en die Maan (die groottes en afstand is volgens skaal).