Maanillusie is ’n term wat verwys na die optiese illusie wat die Maan groter laat lyk wanneer dit naby die horison lê as wanneer dit hoër in die lug is. Dit is al sedert antieke tye bekend en is deur verskeie beskawings aangeteken.[1][2] Daar word steeds oor ’n verduideliking vir die illusie gedebatteer.[2][3][4]