Macbeth | |
---|---|
Koning van Skotland | |
’n Fiktiewe portret (John Hall). | |
Bewind | 1040-1057 |
Volle naam | Mac Bethad mac Findlaích |
Ander titels | Mormaer van Moray (1032-1057) |
Gebore | Omstreeks 1005 |
Gesterf | 15 Augustus 1057 |
Iona | |
Voorganger | Duncan I |
Opvolger | Lulach |
Gade van | Gruoch |
Vader | Findláech van Moray |
Macbeth MacFinley (volle naam: Mac Bethad mac Findlaích, Skots-Gaelies: MacBheatha mac Fhionnlaigh; 1005 - 15 Augustus 1057), met die bynaam Rí Deircc ("die Rooi Koning"),[1] was van 1040 tot met sy dood koning van Skotland (toe bekend as Alba), en van vroeër af ook koning van Moray en van Fortriu. Daar is bewyse dat hy baie van sy tyd in en om die Forres-gebied van Moray deurgebring het waar hy, terwyl hy koning van Moray was, sy neef Duncan van Alba in ’n veldslag naby Pitgaveny verslaan het.[2]
Hy is veral bekend danksy William Shakespeare se tragedie Macbeth en die baie werke wat daardeur geïnspireer is. Die toneelstuk is hoofsaaklik geskoei op Holinshed's Chronicles (1577) en is nie noodwendig histories korrek nie.