Die Maclear-baken is 'n klipstapel wat die hoogste punt op Tafelberg aandui. Die klipstapel van 3 m hoog is in 1979 tot 'n gedenkwaardigheid verklaar. Trigonometriese baken (28) Tafelberg is 1 087 m bo seevlak en 19 meter hoër as die boonste kabelstasie geleë.