Magas Магас | |
---|---|
Stad | |
![]() Die presidentswoning in Magas | |
Koördinate: 43°10′N 44°49′O / 43.167°N 44.817°O | |
Land | ![]() |
Deelgebied | Ingoesjetië |
Stigting | 1995 |
Regering | |
• Tipe | Stad-okroeg |
• Burgemeester | Jakoeb Belchorojef |
Bevolking | |
• Totaal | 4 106 |
Tydsone | UTC+04:00 |
Magas (Russies: Мага́с) is die hoofstad van die Republiek van Ingoesjetië, ’n federale deelgebied van Rusland. Dit is in 1995 gestig en het Nazran in 2002 as die republiek se hoofstad vervang. Die bevolking in 2013 was 4 106 en dit maak Magas die kleinste hoofstad van ’n Russiese deelgebied.