Dame Maggie Smith | |
Smith in Maart 2007 met die verfilming van Capturing Mary.
| |
Geboortenaam | Margaret Natalie Smith |
---|---|
Geboorte | 28 Desember 1934 Ilford, Essex, Engeland, Groot-Brittanje[1] |
Sterfte | 27 September 2024 Londen, Groot-Brittanje |
Nasionaliteit | Brits |
Beroep(e) | Aktrise |
Aktiewe jare | 1952–2023 |
Toekennings | CH, DBE |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Dame Margaret Natalie "Maggie" Smith, CH, DBE (28 Desember 1934 – 27 September 2024)[2] was ’n Britse aktrise. Sy het in 1952 haar verhoogdebuut gemaak en het oor meer as 60 jaar ’n uitgebreide loopbaan op die verhoog, in rolprente en op televisie gehad. Sy het in meer as 50 rolprente verskyn en is een van Brittanje se mees erkenbare aktrises.
Sy het in 1990 ’n Damekommandeur van die Britse Ryk (DBE) geword vir haar bydrae tot die uitvoerende kunste,[3] en in 2014 lid van die Orde van die Broeders van Eer (CH) vir haar bydrae tot drama.[4]