Die magnetiese deklinasie of magnetiese afwyking van 'n kompas word veroorsaak omdat die geografiese pole en die geomagnetiese pole 'n sekere afstand weg van mekaar geleë is. Die geografiese noordpool, die ware noord die draai-as van die aarde is sinoniem; die geomagnetiese noorde (of, magnetiese noordpool) wissel na gelang van die magnetiese veld van die aarde.[1]
Die aarde is nie 'n beweginglose massa nie. Die aardkern bestaan uit magma wat onder hoë druk verkeer en waarin elektriese strominge voorkom. Die aarde reageer dus soos 'n magneet op sigself. Hierdie denkbeeldige as val nie saam met die ware noord en ware suid nie. Die kompasnaald sal dus nie in dieselfde rigting wys as die lengtelyne nie, maar effens weg daarvan wys. Hierdie hoekafwyking staan dan bekend as die magnetiese deklinasie of magnetiese afwyking. Hierdie magnetiese pole is nie staties nie, maar verskuif voortdurend. Die verskuiwing is van jaar tot jaar gering, maar die feit bly staan: daar kan nooit 'n vaste ligging wees soos met die ware noord en ware suid nie.[1]
Gebruik mens 'n kompas om jou rigting te oriënteer, moet jy die verskil tussen die kompasrigting (magnetiese noord) en die ware noorde in gedagte hou. Hierdie verskil, genaamd die magnetiese deklinasie, is nie orals dieselfde nie; dit hang af waar op die aarde jy jou bevind, en in watter jaartal jy jou bevind.[1]
Byvoorbeeld:[1]
Jaar | Kaapstad | Pretoria |
---|---|---|
1970 | 23º04' wes van die ware noord | 15º40' wes van die ware noord |
2000 | 23º19' wes van die ware noord | 16º13' wes van die ware noord |
Soos gesien kan word, kry die deklinasie of afwyking sy eie waarde en eie teken. In die navigasie word daar nie 'n + of - teken gebruik nie, maar die aanduider O (oos) of E (east) vir die "plusteken" en die aanduider W (wes) vir die "minusteken". Die waarde vind mens gewoonlik op die kaart self, by die kompasroos en kaartsimbole wat as "konvensionele tekens" bekend staan.
'n Mens kry byvoorbeeld die volgende bewoording op 'n kaart uit die jaar 2000 in die Nelspruitomgewing, soos aangedui op 'n 1:50 000-topografiese kaart (2530 NELSPRUIT):[1]
![]() |
Gemiddelde magnetiese deklinasie 15º,2 Wes van |
![]() |
By navraag was dieselfde kaart in die jaar 2000 se gemiddelde magnetiese deklinasie 16º28' Wes van die ware noord, met 'n gemiddelde jaarlikse verandering 4,4' Weswaarts.[1]
Die Magnetiese Observatorium op Hermanus, wat ressorteer onder die WNNR, verskaf die magnetiese inligting wat op Suid-Afrika betrekking het.[1]
Die geofisici (en ook die kartograwe) werk nie met die jaarlikse veranderinge nie, maar bereken 'n gemiddelde verandering oor drie- tot vyfjaarperiodes, wat dan op die kaart aangebring word.[1]
In Suid-Afrika kry mens byvoorbeeld 1985 tot 1990; 1991 tot 1995; 1996 tot 2000 of 1987 tot 1990, ens. Die kort periodes verseker dat die gemiddelde verandering op 'n kaart redelik akkuraat bly vir daardie tydperk en dit is nie nodig vir die kaartleser om vir daardie tydperk (wat op die kaart staan) 'n jaarlikse berekening te maak nie. Die bordjies word verhang wanneer die jaartal op die kaart "verstryk" het as mens na die huidige jaar op jou kombuiskalender kyk.[1]
As mens dus die rigtingshoek op die "ou" kaart wil meet, en die jaar wat op die kaart aangedui word is 1984, dan moet die leser in die jaar 2025 eers die verandering van die magnetiese deklinasie sedert 1984 bereken.[1] Of, die Observatorium kan geskakel word.
Wat Suid-Afrika betref, is daar 'n paar puntjies wat belangrik is: