Mohandas Karamchand Gandhi | |
---|---|
![]() Mahatma Gandhi in die laat 1930's | |
Gebore | Mohandas Karamchand Gandhi 2 Oktober 1869 |
Sterf | 30 Januarie 1948 (op 78) |
Nasionaliteit | Indies |
Beroep | Advokaat, woordvoerder, onderwyser moraal, asketiese en pasifis. |
Bekend vir | Leier van die Indiese Onafhanklikheidsbeweging, askeet, pasifis |
Titel | Groot Siel Gandhi |
Politieke party | Indian National Congress |
Eggenoot | Kasturba Gandhi |
Kinders | Harilal Manilal Ramdas Devdas |
Handtekening | |
![]() |
Mohandas Karamchand Gandhi (Gujarati: મોહનદાસ કરમચંદ ગાંધી, Devanagari: मोहनदास करमचंद गांधी; 2 Oktober 1869 — 30 Januarie 1948), genoem Mahatma Gandhi (groot Siel Gandhi soos hy populêr bekend staan, en uit eerbied genoem word), was die denker en charismatiese volksleier wat Britse koloniale Indië heerskappy bevraagteken het en onder die wêreld se aandag gebring het. Sy idees, veral die satyagraha-model van vreedsame protes, het nasionalistiese bewegings internasionaal beïnvloed.
Gandhi het by wyse van, onder andere, 'n hongerstaking, Indië se onafhanklikheid van die Britse oorheersing bewerkstellig en daarmee ander volke wat onder koloniale heerskappy gestaan het, geïnspireer om hul onafhanklikheid te verkry. Sy aktiwiteite het uiteindelik bygedra tot die einde van die koloniale era van die Britse Ryk en die opkoms van die Britse Statebond.
Gandhi se konsep van satyagraha ("waarheidsmag"), wat vertaal kan word as "weg van die waarheid" of "navolging van die waarheid", het heelwat demokratiese en anti-rassistiese aktiviste geïnspireer, insluitende Martin Luther King jr. en Nelson Mandela. Gandhi se lewenswaarhede het uit tradisionele Hindoe-oortuigings ontstaan, en sluit waarheid (satya) en vreedsaamheid (ahimsa) in.