Malaysia Airlines-vlug 370 | |
---|---|
Die vermiste vliegtuig.
| |
Datum | 8 Maart 2014 |
Oorsaak | Onbekend |
Plek van ramp | Golf van Thailand, Indiese Oseaan |
Sterftes | 239 (almal) |
Beserings | 0 |
Vliegtuigtipe | Boeing 777-2H6ER |
Vliegtuigstertnommer | 9M-MRO |
Oorsprong | Kuala Lumpur Internasionale Lughawe, Maleisië |
Bestemming | Beijing Capital Internasionale Lughawe, China |
Passasiers | 227 |
Bemanning | 12 |
Oorlewendes | 0 |
Malaysia Airlines-vlug 370 (MH370/MAS370) was 'n geskeduleerde internasionale vlug van Kuala Lumpur, Maleisië na Beijing, China. Op 8 Maart 2014 het die vliegtuig spoorloos verdwyn.[1] Die vliegtuig het 227 passasiers en twaalf bemanningslede aan boord gehad.[2]
Vlug 370 het op 8 Maart 2014 om 00:41 (Maleisiese Standaardtyd; UTC+8) van die Kuala Lumpur Internasionale Lughawe opgestyg en moes na 'n vlug van 6 ure op die Beijing Capital Internasionale Lughawe land. Vlugbeheer het egter omstreeks 01:22, terwyl die vliegtuig oor die Golf van Thailand was, kontak daarmee verloor. Die vliegtuig is om 02:40 as vermis aangemeld.[3]
'n Grootskaalse soektog is van stapel gestuur, maar het niks opgelewer nie. In Julie 2015 is 'n wrakstuk van 'n Boeing 777 naby die Réunion-eiland, oos van Afrika opgespoor.[4] Die wrakstuk, 'n deel van die vlerk, is van dié vliegtuig afkomstig.[5]