Malcolm (Henry) Arnold

Sir Malcolm Arnold

Sir Malcolm Henry Arnold (21 Oktober 1921 – 23 September 2006) was 'n Engelse Komponis. Sy uitset van werke omvat baie genres, insluitende 'n siklus van nege simfonieë, verskeie concertos, konsertwerke, kamermusiek, koormusiek, en musiek vir blaasinstrument groepe.

Hy het uitvoerig vir die teater geskryf, met vyf ballette wat aangevra is deur die Koninklike Ballet-geselskap, sowel as twee operas en 'n musiekblyspel. Hy het ook verskeie klankbane vir meer as 'n honderd rolprente geskryf, onder meer vir The Bridge on the River Kwai (1957), waarvoor hy 'n Oscar gewen het.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne