'n Maliekolder is 'n Middeleeuse harnas wat bestaan uit metaalringetjies ("malies")[1] wat inmekaarskakel om 'n soort maas te vorm. Dit was tussen die 3de eeu v.C. en die 16de eeu n.C. in algemene gebruik in Europa, en langer in Asië en Noord-Afrika.