Mara | ||
’n Reliëfwerk van Mara in die Gandhara-styl in die Swatriviervallei. | ||
Vertalings | ||
Sanskrit | māra | |
Singalees | මාරයා | |
Wylie | bdud | |
Thai | มาร | |
Tradisionele Sjinees | 魔魔 | |
Pinyin | mó |
Mara in Boeddhisme is die demoon wat Gautama Boeddha uitgelok het deur hom te probeer verlei met die visioen van pragtige vroue, wat in verskeie legendes Mara se dogters was.[1]
In die Boeddhistiese kosmologie verpersoonlik Mara onheilsame impulse, onkunde en die "dood"[2] van die geestelike lewe. Hy lok mense uit en probeer hulle wegkeer van ’n geestelike lewe deur aardse goed aanloklik te maak of negatiewe dinge positief te laat lyk.