’n Marae (in Maori en Tahitiaans), malaʻe (in Tongaans), malae (in Samoaans) en mālaʻe (in Hawais)[1]) is ’n heilige of vergaderplek wat gebruik word vir godsdiens- en sosiale geleenthede in Polinesiese gemeenskappe. In al dié tale beteken die woord ook "skoongemaakte stuk grond; sonder onkruid, bome, ens."