![]() | ||
Marat Safin in 2006 | ||
Volle naam | Marat Mikhailovich Safin | |
---|---|---|
Land | ![]() | |
Woonplek | Monte Carlo, Monaco[1] | |
Geboortedatum | 27 Januarie 1980[1] | |
Geboorteplek | Moskou, Sowjetunie[1] | |
Lengte | 1,93 m[1] | |
Gewig | 88 kg[1] | |
Begin professioneel | 1997[1] | |
Afgetree | 11 November 2009 | |
Spelstyl | Regshandig (tweehandig handrughou)[1] | |
Loopbaan-wengeld | $14 373 291 (soos in 2009)[1] (41ste van alle tye)[2] | |
Enkelspel | ||
Loopbaanrekord | 422–267 (61,3%)[1] | |
Loopbaantitels | 15[1] | |
Hoogste rang | No. 1 (20 November 2000)[1] | |
Grand Slam-uitslae | ||
Australiese Ope | W (2005) | |
Franse Ope | HE (2002) | |
Wimbledon | HE (2008) | |
VSA-Ope | W (2000) | |
Groot toernooie | ||
Toereindronde | HE (2000, 2004) | |
Olimpiese Spele | 2R (2004) | |
Dubbelspel | ||
Loopbaan-rekord | 96–120 (44,4%)[1] | |
Loopbaantitels | 2[1] | |
Hoogste rang | No. 71 (22 April 2002)[1] | |
Australiese Ope | 1R (2000, 2009) | |
Franse Ope | 1R (2001) | |
Wimbledon | 3R (2001) | |
Laaste opgedateer op: 23 Februarie 2021. |
Marat Mikhailovich Safin (Russies: Мара́т Муби́нович Са́фин [mɐˈrat mʊˈbʲinəvʲɪtɕ ˈsafʲɪn]; Tataars: Марат Мөбин улы Сафин, Marat Möbin uğlı Safin; gebore 27 Januarie 1980) is ’n voormalige Russiese tennisspeler wat voorheen no. 1 op die wêreldranglys was. Hy is die ouer broer van die tennisspeler Dinara Safina.
Safin het sy professionele loopbaan in 1997 begin en was in November en Desember 2000 nege weke lank tennis se no. 1-manlike speler. Hy het sy eerste Grand Slam-titel in die Amerikaanse Ope van 2000 gewen nadat hy Pete Sampras geklop het. In 2005 se Australiese Ope het hy Lleyton Hewitt geklop. Safin het Rusland in 2002 en 2006 die Davisbeker help wen. Ondanks die feit dat hy nie van grasbane hou nie, was hy in 2008 die eerste Russiese man wat die halfeindstryd op Wimbledon gehaal het.
Safin is tans no. 27 op die amptelik wêreldranglys vir mans. Hy het gesê hy sal heel moontlik ná die 2009-seisoen uit professionele tennis tree.[3]