Marcianus | |
---|---|
Keiser van die Bisantynse Ryk | |
’n Muntstuk wat Marcianus uitbeeld.
| |
Bewind | 450–457 |
Volle naam | Flavius Marcianus Augustus |
Dinastie | Theodosius |
Gebore | 392 n.C. |
Oorlede | 27 Januarie 457 n.C. |
Voorganger | Theodosius II |
Opvolger | Leo I |
Eggenote | Pulcheria |
Kinders | Marcia Euphemia |
Marcianus (Latyn: Flavius Marcianus Augustus, Grieks: Μαρκιανός; 392 – 27 Januarie 457) was die Bisantynse keiser van 450 tot met sy dood in 457. Sy bewind is gekenmerk deur die herstel van die Oos-Romeinse Ryk, wat hy teen aanvallers beskerm het, en ekonomiese en finansiële hervormings. Aan die ander kant het sy beleid van isolasie die Wes-Romeinse Ryk sonder hulp gelaat teen aanvalle soos dié van Attila die Hun en die Vandale.