Marcus Junius Brutus

Marcus Brutus
Marcus Junius Brutus
Borsbeeld van Marcus Brutus

Senator van die Romeinse Republiek
Ampstermyn
58 v.C. – 42 v.C.

Persoonlike besonderhede
Gebore 85 v.C.
Rome, Romeinse Republiek
Sterf 23 Oktober 42 v.C. (op 43)
Philippi, Macedonia
Religie Romeinse paganisme ((Cultus Deorum Romanorum))

Marcus Junius Brutus (8542 v.C.) was ’n Romeinse senator. Hy was die baasbrein agter die plan om Julius Caesar op 15 Maart 44 v.C te vermoor.[1] Hy het vantevore by die slag van Pharsalus saam met Pompeius teen Caesar geveg, al het Pompeius Brutus se pa in twyfelagtige omstandighede doodgemaak. Ná die moord op Caesar lei hy die legioene van "bevryders" of "republikeine" teen die legioene van Octavianus en Marcus Antonius by die slag van Philippi. Dit loop egter op 'n nederlaag uit, waarna hy selfmoord pleeg.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne