Margaret Sanger Slee, gebore Margaret Louise Higgins (14 September 1879 Corning, New York – 6 September 1966)[1] was 'n Amerikaanse verpleegster en feminis wie se finansiële posisie haar toegelaat het om haar aan haar roeping te wy. Sanger het haar beywer vir geboortebeperking, gesinsbeplanning, eugenetika [2][3] en sosiale hervorming, en het verskeie boeke geskryf, waarvan die bekendste is What Every Girl Should Know van 1920. Sy het tronkstraf in die gesig gestaar deur die voordele van geboortebeperking te verkondig, wat destyds deur die Comstock-wet van 1873 as obseniteit in die Verenigde State verbied is. Sanger was die stigter van die American Birth Control League, die voorganger van Planned Parenthood, en het al in Amerika, sowel as Europa en Japan lesings gehou. Sy het Gregory Pincus aangemoedig om 'n voorbehoedpil te ontwikkel. As gevolg van haar uitgesproke standpunte en omdat sy eugenetiese praktyke bevorder het, bly sy 'n omstrede figuur.[4]