Margrethe I | |
---|---|
Koningin van Denemarke, Noorweë en Swede | |
Periode | 1375–1412 (Denemarke) 1388–1412 (Noorweë) 1389–1412 (Swede) |
Voorganger | Olaf II van Denemarke Olaf IV van Noorweë Albrecht van Swede |
Opvolger | Erik van Pommere |
Huis | Estridsen |
Man | Haakon VI van Noorweë |
Kinders | Olaf II van Denemarke (Olaf IV van Noorweë) |
Vader | Waldemar IV |
Moeder | Helwig van Sleeswyk |
Gebore | 1353 |
Oorlede | 28 Oktober 1412 |
Margrethe I (Deens: Margrete Valdemarsdatter, Noors: Margrete Valdemarsdotter, Sweeds: Margareta Valdemarsdotter; 1353 – 28 Oktober 1412) was koningin van Denemarke, Noorweë en Swede en die stigter van die Kalmarunie, wat die koninkryke van Skandinawië vir langer as ’n eeu verenig het. Sy was die enigste koningin van Denemarke tot met die bewind van Margrethe II vyf en half eeue later.