Maria I | |
---|---|
Koningin van Engeland en van Ierland | |
Portret deur Anthonis Mor, 1554
| |
Huis | Tudor |
Regeer | 19 Julie 1553 – 17 November 1558 |
Voorganger | Jane (betwis) Eduard VI |
Regent | Philip |
Opvolger | Elizabeth I |
Eggenoot | Philip |
Gebore | 18 Februarie 1516; Greenwich |
Oorlede | 17 November 1558; Sint James-paleis, Londen |
Vader | Hendrik VIII |
Moeder | Catharina van Aragon |
Maria I (Engels: Mary I; 18 Februarie 1516 – 17 November 1558) was van 19 Julie 1553 tot met haar dood koningin van Engeland en van Ierland. Sy was die vierde gekroonde monarg van die Huis van Tudor en haar bewind word gekenmerk deur die feit dat sy Katolisisme in Engeland herstel het nadat sy haar Protestantse halfbroer, Eduard VI, opgevolg het. In die proses het sy byna 300 godsdienstige andersdenkendes op ’n brandstapel tereggestel. Dit het haar die bynaam "Bloedige Maria" besorg. Haar halfsuster en opvolger, Elizabeth I, het die proses weer omgekeer.