Marie Koopmans-de Wet

Marie Koopmans-de Wet
Marie Koopmans-de Wet
Gebore
Maria Margaretha de Wet

18 Maart 1834
Sterf2 Augustus 1906
NasionaliteitSuid-Afrika
Beroepkampvegter vir Afrikanerregte, kultuurleidster, patriotiese weldoener, vermaarde Kaapse gasvrou en beskermvrou van die kunste
EggenootJohan Christoffel Koopmans
Ouer(s)Johannes de Wet en Adriana Horak

Maria (Marie) Margaretha Koopmans-de Wet (Kaapstad, 18 Maart 1834Kaapstad, 2 Augustus 1906) was 'n kampvegter vir Afrikanerregte, kultuurleidster, patriotiese weldoener, vermaarde Kaapse gasvrou en beskermvrou van die kunste.

Reeds as jong dogter is sy aangegryp deur die lotgevalle van die Voortrekkers, die totstandkoming van die Boererepublieke en die Anti-Bandietebeweging, almal gebeurtenisse wat bygedra het om 'n vurige patriotisme te ontwikkel. Haar woning by Strandstraat 23 sou in latere jare die bymekaarkomplek word van vooraanstaande Kaapse inwoners en selfs Boerepresidente. Sy het daarna gestrewe om die Kaaps-Hollandse tradisies en leefwyse in ere te hou deur haar te beywer vir die bewaring van die volkseie, beskerming van die inheemse flora en die bewaring van die Kasteel. Sy het ook 'n wesentlike bydrae gelewer tot die uitbouing van die Hollandse taal, maar dit was veral tydens die Tweede Vryheidsoorlog dat haar volksdiens tot 'n hoogtepunt gevoer is. Haar woning het terselfdertyd die versamelplek geword van goedere wat vir die Boerekrygsgevangenes sowel as die konsentrasiekampe bestem was.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne