Marie Antoinette[1] (gebore Maria Antonia Josepha Johanna; 2 November 1755 – 16 Oktober 1793) was die laaste Koningin van Frankryk voor die Franse Rewolusie. Sy is gebore as die Hertogin van Oostenryk, en was die voorlaaste kind van die Keiserin Maria Theresa en Francis I, die Heilige Romeinse Keiser.
In April 1770, met haar huwelik met Louis-Auguste, die erfgenaam van die Franse troon, word sy Duauphine van Frankryk. Op 10 Mei 1774 het haar man die troon bestyg as koning Louis XVI, en sy as die Koningin van Frankryk en Navarra. Sy het hierdie possisie behou tot en met September 1791, waarna die Franse Rewolusie plaasgevind het en sy die titel as Koningin van Frankryk beklee het tot 21 September 1792.
Marie Antoinette het ná 8 jaar die lewe geskenk aan hul dogter, Marie-Thérèse van Frankryk, die eerste van haar vier kinders. Ten spyte van haar aanvanklike gewildheid, het 'n toenemende deel van die bevolking haar uiteindelik begin wantrou. Hulle het haar beskuldig van vermorsing, losbandige gedrag,[2] asook van simpatie met Frankryk se vyande, veral met haar geboorteland, Oostenryk.[3]
Die Verhouding van die Diamant Halssnoer beskadig haar reputasie verder. Tydens die Rewolusie, het sy bekend geword as Madame Déficit omdat die Franse mense haar blameer het vir die oorsaak van die finansiële krisis. As gevolg van haar uitbundige besteding en haar opposisie tot die sosiale en finansiële hervormings van Turgot en Necker het Frankryk deur moeilike tye gegaan.
Tydens die Franse Rewolusie in Oktober 1789 het die regering besluit om die koninklike familie onder huisarres in die Tuileries-paleis te plaas. Ongelukkig was daar verskeie ander gebeure wat reeds gekoppel was aan Marie Antoinette se ongewildheid in hierdie tyd van haar lewe. Sy het in Junie 1791 probeer vlug na Varennes. Haar rol in die Oorlog van die Eerste Koalisie, het ook rampspoedige gevolge vir haar gehad op die Franse populêre mening.
Met die aanval op 10 Augustus 1792 op die Tuileries, word die koninklike familie gedwing om te skuil by die Vergadering, en op 13 Augustus word die familie as gevange geneem by die Tempel.
Na 'n twee-dae-lange verhoor wat begin op 14 Oktober 1793, word Marie Antoinette skuldig bevind deur die Revolusionêre Tribunaal van hoogverraad en ter dood veroordeel om per guillotine uitgevoer te word op die Place de la Révolution op 16 Oktober 1793.
Op 21 September 1792 word die monargie tot niet verklaar.