Mariner 9 (Mariner Mars '71 / Mariner-I) is 'n onbemande ruimtetuig wat baie gehelp het met die verkenning van Mars en was deel van NASA se Mariner-program. Mariner 9 is op 30 Mei 1971 gelanseer[1][2]vanaf Lanseringkompleks 36 by Kaap Canaveral se Amerikaanse Lugmag Basis. Die ruimtetuig het die planeet op 14 November van dieselfde jaar bereik[1][2] en het die eerste ruimtetuig geword wat in 'n wentelbaan om 'n ander planeet gegaan het.[3]Dit het die Sowjetunie se sondeerder Mars 2 (gelanseer op 19 Mei) en Mars 3 (gelanseer op 28 Mei) net-net geklop. Beide die twee Sowjet ruimtetuie het net 'n paar weke later by Mars gearriveer.