Marius Petipa

Marius Petipa
Maestro Marius Ivanovich Petipa, premier maître de ballet van die Sint Petersburg Keiserlike Teaters. Sint Petersburg, 1887.
Gebore
Marius Alphonse Petipa

(1818-03-11)11 Maart 1818
Sterf14 Julie 1910 (op 92)
Goerzoef, Russiese Ryk
NasionaliteitFrans-Russies

Marius Ivanovich Petipa (Russies: Мариус Иванович Петипа), gebore as Victor Marius Alphonse Petipa[1][2][3] (11 Maart 1818[1] – 14 Julie (1 Julie) 1910[4]) was 'n Russiese en Franse balletdanser, -pedagoog en -choreograaf. Petipa is een van die mees invloedryke balletmeesters en choreograwe in die geskiedenis van ballet.

Petipa is veral bekend as die destydse Premier maître de ballet (Eerste Balletmeester) van die Sint Petersburg Keiserlike Teaters, waar hy 'n lang loopbaan geniet het. Hy was balletmeester en hoofchoreograaf van die Keiserlike-ballet (vandag die Mariinskiballet), 'n pos wat hy vanaf 1871 tot 1903 beklee het. Petipa het meer as vyftig ballete geskep, waarvan sommige as óf oorspronklike weergawes, óf weergawes wat geïnspireer is deur die oorspronklike, óf weergawes wat gerekonstrueer is uit die oorspronklike, oorleef het. Onder die werke tel veral Die Farao se Dogter (1862); Don Quijote (1869); La Bayadère (1877); Die Talisman (1889); Doringrosie (1890); Die Neutekraker (gechoreografeer saam met Lev Ivanov) (1892); Le Réveil de Flore (1894); La Halte de cavalerie (1896); Raymonda (1898); Les Saisons (1900) en Les Millions d'Arlequin (1900).

Petipa het 'n aansienlike aantal werke wat deur ander choreograwe geskep is laat herleef. Baie van hierdie herlewings sou uiteindelik die definitiewe weergawes word waarop alle daaropvolgende produksies gebaseer is. Die bekendste van hierdie herlewings is Le Corsaire, Giselle, La Esmeralda, Coppélia, La Fille Mal Gardée (saam met Lev Ivanov), Die Klein Boggelrugperdjie en Swanemeer (saam met Lev Ivanov).[4]

Baie stukke oorleef in onafhanklike vorm van Petipa se oorspronklike werke en die verwerkings daarvan, ten spyte daarvan dat die vollengte ballette waarop dit gebaseer is, verdwyn het uit die Keiserlike-ballet se repertorium. Baie van hierdie stukke leef voort in weergawes wat gebaseer is op die oorspronklike of wat opnuut gechoreografeer is deur andere – die Grand Pas classique, Pas de trois en Mazurka des enfants uit Paquita; Le Carnaval de Venise Pas de deux uit Satanella; Die Talisman Pas de deux; La Esmeralda Pas de deux; die Diana en Actéon Pas de deux; La Halte de Cavalerie Pas de deux; die Don Quijote Pas de deux; La Fille Mal Gardée Pas de deux; en die Harlequinade Pas de deux.

Al die vollengtewerke en individuele stukke wat oorleef het en wat steeds aktief opgevoer word, word beskou as hoekstene van vandag se balletrepertorium.

  1. 1,0 1,1 About Petipa, Biografie van Marius Petipa by die webtuiste Marius Petipa Society (Engels; opgespoor en besoek op 1 Maart 2023)
  2. Petipa se grafsteen by die Tichvin-begraafplaas in Sint Petersburg
  3. Gisela Sonnenburg: Petipa goes on and on! Artikel oor die 200ste herdenking van Petip se geboorte by ballett-journal.de opgespoor en besoek op 8 Maart 2018
  4. 4,0 4,1 "Биография". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 2 Maart 2016.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne