Marnus Labuschagne

Marnus Labuschagne
Marnus Labuschagne tydens die 2019-As
Volle naam Marnus Labuschagne
Gebore 22 Junie 1994 (1994-06-22) (30 jaar oud)
Klerksdorp, Noordwes, Suid-Afrika
Kolfstyl Regshandig
Boulstyl Regterarm bybreek
Rol Veelsydig
Internasionale geskiedenis
Nasionale span Australië
Toetsdebuut (no 455) 7 Oktober 2018 v Pakistan
Laaste Toets 15 Januarie 2021 v Indië
EDI debuut (no 229) 14 Januarie 2020 v Indië
Laaste EDI 2 Desember 2020 v Indië
Eersterangse spaninligting
Jaar(e) Span
2014/15–hede Queensland
2016/17–hede Brisbane Heat
2019–hede Glamorgan
Loopbaanstatistiek
Kompetisie Toetse EDI 1e rang A-lys
Wedstryde 18 13 83 46
Lopies aangeteken 1885 473 6248 1646
Kolfgemiddeld 60.80 39.41 44.31 38.27
100s/50s 5/10 1/3 16/34 2/14
Hoogste telling 215 108 215 135
Aflewerings geboul 822 24 4083 474
Paaltjies 12 0 59 8
Boulgemiddeld 41.66 43.96 62.12
5 paaltjies in 'n kolfbeurt 0 0 0
10 paaltjies in 'n wedstryd 0 0 0
Beste boulontleding 3/45 3/45 3/46
Vangskote/Stonkings 15/– 4/0 79/– 16/–
Bron: Cricinfo, 19 Januarie 2021

Marnus Labuschagne (gebore 22 Junie 1994) is 'n Suid-Afrikaans-gebore internasionale krieketspeler wat vir die Australiese krieketspan speel.[1] Op plaaslike vlak speel hy vir Queensland. Hy speel ook tans eersterangse krieket in die Engelse graafskapsreeks vir Glamorgan en in die Big Bash League vir Brisbane Heat.

In Augustus 2019 word Labuschagne die eerste krieketspeler wat as plaasvervanger opgebring word vanweë 'n harsingskuddingbesering, toe hy vir Steve Smith vervang.[2] Labuschagne was in 2019 die voorste toetskolwer wat aantal lopies betref. Tydens die jaar behaal hy die vierde plek in die Internasionale Krieketraad (IKR) se ranglys vir toetskolwers, 'n verbetering van 106 plekke op sy vorige posisie.[3] In Januarie 2020 is Labuschagne deur die IKR vereer as die Opkomende Krieketspeler van die Jaar,[4] in Februarie as Australië se toetsspeler van die jaar,[5][6] en in April as een van die vyf Krieketspelers van die Jaar deur Wisden Cricketers' Almanack.[7][8]

Op 15 Januarie 2021 behaal Labuschagne die 5de toetshonderdtal van sy loopbaan in die vierde en beslissende toets teen Indië op die Gabba in Brisbane en oortref daarmee die legendariese Donald Bradman se rekord vir die meeste toetslopies in sy eerste drie beurte op die Gabba, met 374 lopies teenoor Bradman se 326 lopies.[9]

  1. (en) Ramsey, Michael (8 Oktober 2018). "Bolter Labuschagne impresses for Australia on Test debut". The Sydney Morning Herald. Besoek op 4 Januarie 2020.
  2. (en) "Smith withdrawn from second Test, Labuschagne comes in as concussion replacement, replacing Steve Smith". International Cricket Council. 18 Augustus 2019. Besoek op 18 Augustus 2019.
  3. (en) Australian Associated Press (30 Desember 2019) Marnus Labuschagne climbs 106 places in ICC Test batting rankings, The Guardian. Besoek op 5 Januarie 2020.
  4. (en) "Stokes wins Sir Garfield Sobers Trophy". International Cricket Council. 15 Januarie 2020. Besoek op 15 Januarie 2020.
  5. (en) Caffrey, Oliver (11 Februarie 2020). "Marnus Labuschagne wins Test player award". The Canberra Times. Besoek op 9 April 2020.
  6. (en) Griffiths, Gareth (16 Februarie 2020). "Marnus Labuschagne: Australia cricket award caps 'special' year". BBC Sport. Besoek op 9 April 2020.
  7. (en) Forsaith, Rob (9 April 2020). "Wisden title an honour: Marnus Labuschagne". The Canberra Times. Besoek op 9 April 2020.
  8. (en) Hashim, Taha (8 April 2020). "The summer that made Marnus Labuschagne a Wisden Cricketer of the Year". Wisden Cricketers' Almanack. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 November 2023. Besoek op 9 April 2020.
  9. (af) https://maroelamedia.co.za/sportnuus/krieket/marnus-verbeter-n-bradman-rekord-met-honderdtal/ Opgespoor en besoek op 21 Januarie 2020

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne