Die Marokkaanse Muur in Wes-Sahara beskerm die gebied teen aanvalle van Polisario.
Marokko het in die 1980’s ‘n muur van nagenoeg 1400 km gebou om die Polisario se beweegruimte tot die dunbevolkte suidooste van die land te beperk en so hul guerrilla-aanvalle teen te werk. Die muur strek van Kaap Blanco aan die Atlantiese Oseaan noordooswaarts tot by Zag naby die grens met Algerië en die suidwestelike punt van die Atlasgebergte. Sodoende word 200 000 km² van die land se totale oppervlakte van 266 000 km² teen terroriste-aanvalle beskerm.