Die Mars-wetenskaplaboratorium (Engels: Mars Science Laboratory, MSL) is ’n ruimteverkenningsending van Nasa na Mars wat op 26 November 2011 gelanseer is[1] en die Curiosity-verkenningstuig op 6 Augustus 2012 suksesvol in die planeet se Gale-krater laat land het.[2][3][4]
Die oorhoofse doelwitte sluit in om ondersoek in te stel na Mars se bewoonbaarheid, sy klimaat en geologie te bestudeer en data in te samel vir ’n bemande sending na die planeet. Daar is ’n verskeidenheid wetenskaplike gereedskap aan boord wat deur ’n internasionale span ontwerp is.[5]