Marseille is 'n Franse televisiereeks wat deur Dan Franck geskep is met Gérard Depardieu wat die hoofkarakter vertolk. Die reeks is die eerste oorspronklike televisiereeks met Franse dialoog wat vir Netflix vervaardig is. Die eerste seisoen bevat agt episodes en première op 5 Mei 2016 op Netflix. 'n Tweede seisoen word op 6 Junie 2016 bestel en produksie begin op 18 April 2017. Die tweede seisoen debuteer in Februarie 2018. Netflix kanselleer die reeks na die tweede seisoen.