Die Marsveld of Marsowo Polje (Russies: Ма́рсово по́ле) is ’n groot park in die middel van Sint Petersburg, Rusland, wat na die god Mars uit die Romeinse mitologie genoem is. Dit beslaan sowat 9 ha. In die noorde grens die veld aan die Marmerpaleis, Soeworowa-plein en die Betskoi- en Saltikof-wonings. Aan die westekant is die kasernes van die Pawlofski-regiment. Die Moikarivier vorm die grens in die suide.