Marthinus Wessel Pretorius | |
President Pretorius | |
1ste President van die Zuid-Afrikaansche Republiek
| |
Ampstermyn 1857 – 1860 1864–1871 | |
Voorafgegaan deur | – Stephanus Schoeman (1864) |
---|---|
Opgevolg deur | Johannes Hermanus Grobler (1860) (wnd.) Daniël Jacobus Erasmus (1871) (wnd.) |
3de President van die Zuid-Afrikaansche Republiek
| |
Ampstermyn 1864 – 1871 | |
Voorafgegaan deur | W.C. Janse van Rensburg |
Opgevolg deur | T.F. Burgers |
3de President van die Oranje-Vrystaat
| |
Ampstermyn 1860 – 1863 | |
Voorafgegaan deur | J.J. Venter (wnd.) |
Opgevolg deur | J.J. Venter (wnd.) |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 17 September 1819 Graaff-Reinet, Kaapkolonie |
Sterf | 19 Mei 1901 (op 82) |
Eggenoot/-note | Aletta Magdalena Smit |
Marthinus Wessel Pretorius (17 September 1819, Graaff-Reinet – 19 Mei 1901, Potchefstroom) was die eerste President van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR). Hy het ook die Grondwet van die Republiek opgestel en die stad Pretoria gestig en dit na sy vader, die Voortrekkerleier Andries Pretorius, genoem.
Pretorius was die laaste staatshoof van Potchefstroom tussen 1853 en 1856. Hy het daarna gedien as die eerste president van die ZAR van 1857 tot 1860, en weer van 1864 tot 1871. Hy het ook gedien as die president van die Oranje-Vrystaat van 1859 tot 1863. Verder het hy as mede staatshoof van die Transvaal gedien van 1880 tot 1883; as deel van die Driemanskap. Paul Kruger en Piet Joubert was die ander twee lede.
Die fregat SAS President Pretorius is na hom vernoem.