Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Martin Meredith | |
---|---|
Beroep | Skrywer en kommentator |
Martin Meredith is 'n geskiedkundige, joernalis, en biograaf. Hy het verskeie boeke oor Afrika en die kontinent se moderne geskiedenis geskryf. Meredith het aanvanklik as buitelandse korrespondent in Afrika vir The Observer en die Sunday Times gewerk, en daarna as 'n navorsingsgenoot by St Antony's College, Oxford.[1] Hy woon naby Oxford en is tans 'n onafhanklike kommentator en outeur.
Meredith se skryfwerk is al beskryf as gesaghebbend en goed gedokumenteerd, ten spyte van die pessimisme en neerslagtigheid wat dikwels uit sy werk skemer.[2]