Mary Walker | |
---|---|
![]() Walker met haar Erepenning, afgeneem deur Charles Milton Bell | |
Gebore | Mary Edwards Walker 26 November 1832 Oswego, New York, V.S.A. |
Sterf | 21 Februarie 1919 (op 86) Oswego, New York, V.S.A. |
Nasionaliteit | ![]() |
Alma mater | Falley Seminary (1850–1852) Syracuse Medical College (1853–1855) Hygeio-Therapeutic College (1862) |
Beroep | Chirurg |
Titel | Dr. |
Eggenoot | Albert Miller (November 16, 1855-1869 geskei) |
Mary Edwards Walker (26 November 1832 – 21 Februarie 1919), algemeen bekend as Dr. Mary Walker, was 'n Amerikaanse afskaffer, prohibisionis, krygsgevangene en chirurg.[1] Sy is die enigste vrou wat 'n Amerikaanse Medal of Honor ontvang het.
In 1855, het sy haar mediese graad by die Syracuse Mediese Kollege in New York verwerf,[2] is sy getroud en het sy 'n mediese praktyk begin. Sy het probeer om by die Union Army met die begin van die Amerikaanse Burgeroorlog aan te sluit, maar is geweier. Sy het as 'n chirurg by die tydelike hospitaal in Washington, D.C. gewerk voor sy deur die Union Forces aangestel is en tot die Weermag van die Cumberland en later die 52ste Ohio Infanterie toegewys is, wat haar die eerste vroulike chirurg in die Amerikaanse Weermag gemaak het.[3][4] Sy is deur Konfederale Magte[2] as 'n spioen gevange geneem nadat sy vyandelike grense oorgesteek het om gewonde burgerlikes te behandel. Daarna is sy as 'n krygsgevangene na Richmond, Virginië gestuur totdat sy in 'n gevangene-uitruiling vrygelaat is.
Na die oorlog is sy goedgekeur om 'n Medal of Honor te ontvang vir haar pogings om gewondes in die oorlog te behandel en vyandsgrense gedurende die Burgeroorlog oor te steek. Die toekenning is veral nie uitdruklik vir dapperheid in daardie tyd toegeken nie en was in werklikheid die enigste militêre toekenning tydens die Burgeroorlog. Walker is die enigste vrou wat die medalje ontvang het en een van slegs agt burgerlikes. Haar naam is in 1917 van die Weermag se Medal of Honor-rol (saam met meer as 900 ander ontvangers) verwyder; dit is egter in 1977 weer herstel.[2] Na die oorlog was sy 'n skrywer en dosent wat die vrouestemregbeweging tot haar dood in 1919 ondersteun het.
<ref>
tag; no text was provided for refs named :3