Masaccio | |
---|---|
Detail van Petrus wat die Seun van Theophilus ophef en as die Eerste Biskop van Antiogië Gekroon word, Brancacci-kapel, S. Maria del Carmine, Florence | |
Gebore | Tommaso di Ser Giovanni di Mone (Simone) Cassai 21 Desember 1401 San Giovanni Valdarno, Republiek van Florence |
Sterf | somer 1428 (ouderdom, 26) Rome, Pouslike State |
Nasionaliteit | Italiaans |
Masaccio (Italiaans: maˈzattʃo; 21 Desember 1401 – somer 1428), gebore as Tommaso di Ser Giovanni di Simone, was 'n Florentynse kunstenaar wat beskou word as die eerste groot Italiaanse skilder van die Quattrocentotydperk van die Italiaanse Renaissance. Masaccio was volgens Vasari as gevolg van sy vaardigheid in die skilder van natuurtonele en die herskepping van lewensgetroue figure en beweging, sowel as die vermoë om 'n oortuigende atmosfeer van drie-dimensionaliteit te skep, die beste skilder van sy generasie.[1] Hy het van naakfigure en voorverkortings in sy figure gebruik gemaak. Die tegniek was selde voor hom van gebruik gemaak.[2]
Die naam Masaccio is 'n humoristiese weergawe van Maso (kort vir for Tommaso), wat "lomp" (ook "onhandig") of "rommelig(e)" Tom beteken. Die naam is waarskynlik geskep om hom te onderskei van sy opponent, ook bekend as Maso, en wat weldra bekend sou staan as Masolino ("klein/delikate Tom").
Ten spyte van sy kort loopbaan het hy 'n diepgaande invloed op ander kunstenaars uitgeoefen. Hy word beskou as die kunstenaar wat die vroeë Italiaanse Renaissance in die skilderkuns begin het in die middel- en laat-1420's. Hy was een van die eerste kunstenaars om lineêre perspektief in sy skilderkuns te gebruik, met die gebruikmaking van sulke tegnieke soos verdwijnpunt wat sodoende vir die eerste keer in kuns gebruik is. Hy het wegbeweeg van die Internasionaal Gotiese styl en die uitvoerige ornamentasie van kunstenaars soos Gentile da Fabriano, na 'n meer naturalistiese styl wat gebruik gemaak het van perspektief en chiaroscuro vir groter realisme.
Masaccio het op die jeugdige ouderdom van ses-en-twintig jaar beswyk. Min is bekend oor die presiese omstandighede van sy dood.[3] Nadat hy verneem het van Masaccio se dood het die groot meester Filippo Brunelleschi gesê: "Ons het 'n enorme verlies gely." [4]