Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie. Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word. |
Masels-entstof is 'n entstof wat masels voorkom. Immuniteit teen masels word ontwikkel na toediening van een of twee dosisse van die entstof. As meer as 92% van 'n bevolking ingeënt is, is daar gewoonlik nie meer 'n uitbreek van masels nie. Dit kan egter weer voorkom as die inentingsvlakke daal. Die effektiwiteit van die entstof duur baie jare, maar dit is onduidelik of dit mettertyd minder effektief raak. Die entstof kan ook teen masels beskerm as dit binne 'n paar dae na blootstelling aan masels gegee word.[1]
Die entstof is oor die algemeen veilig, selfs vir mense met MIV-infeksie. Newe-effekte is gewoonlik lig en van korte duur. Dit kan pyn op die plek van inspuiting of ligte koors insluit. Anafilakse ('n ernstige allergiese reaksie) is in ongeveer 3,5 tot 10 gevalle per miljoen dosisse gedokumenteer. Die voorkoms van Guillain-Barré-sindroom (vinnige spierverswakking veroorsaak deur die immuunstelsel wat die perifere senuweestelsel beskadig), outisme en inflammatoriese dermsiekte word nie verhoog deur inenting teen masels nie.[1]
Die entstof is op sigself beskikbaar en in kombinasies soos die MMR-entstof ('n kombinasie met die inenting teen rubella en pampoentjies) of die MMRV-entstof ('n kombinasie van MMR met die waterpokkies-entstof).[1][2] Die inenting teen masels is ewe effektief in alle formulerings om masels te voorkom, maar newe-effekte wissel na gelang van die kombinasie.[1][3] Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) beveel aan dat maselsinspuiting op nege maande ouderdom gegee word in gebiede ter wêreld waar die siekte algemeen is, of op twaalf maande waar die siekte nie algemeen voorkom nie.[1] In Suid-Afrika word die entstof teen 6 maande en 12 maande volgens die inentingskedule voorgeskryf.[4] Inenting teen masels is gebaseer op 'n lewendige maar verswakte stam van masels. Dit kom as 'n gedroogde poeier wat met 'n spesifieke vloeistof gemeng word voordat dit onder die vel of in 'n spier ingespuit word. Verifiëring dat die entstof doeltreffend was, kan deur bloedtoetse bepaal word.[1]
Inenting teen masels is die eerste keer in 1963 ingestel.[5] Ongeveer 85% van kinders wêreldwyd het hierdie entstof vanaf 2013 ontvang.[6] In 2015 het ten minste 160 lande twee dosisse voorsien in hul roetine-immunisering.[7] Dit is op die Wêreldgesondheidsorganisasie se lys van essensiële medisyne, die veiligste en doeltreffendste medisyne wat in 'n gesondheidstelsel benodig word.[8]
<ref>
tag; no text was provided for refs named WHO2017Vac
<ref>
tag; no text was provided for refs named Mitchell
<ref>
tag; no text was provided for refs named Vax
<ref>
tag; no text was provided for refs named Parent 2017
<ref>
tag; no text was provided for refs named Yellow2014
<ref>
tag; no text was provided for refs named WHO2014
<ref>
tag; no text was provided for refs named WGO
<ref>
tag; no text was provided for refs named WHO21st