Mathieu Amalric | |
---|---|
Amalric in 2017 | |
Gebore | 25 Oktober 1965 Neuilly-sur-Seine, Frankryk |
Beroep | Regisseur, akteur, draaiboekskrywer |
Jare aktief | 1984–huidig |
Eggenoot | Jeanne Balibar (div.) |
Kinders | 3 |
Mathieu Amalric (Franse uitspraak: [ma.tjø a.mal.ʁik] ( ); gebore op 25 Oktober 1965)[1] is 'n Franse akteur en rolprentvervaardiger. Hy is veral bekend vir sy rol as die hoof-skobbejak in die James Bond-rolprent Quantum of Solace, sy rol in Steven Spielberg se Munich, en vir sy rol in Le Scaphandre et le Papillon (Engels: The Diving Bell and the Butterfly), waarvoor hy kritiese lof ontvang het. Hy het ook verskeie César-toekennings en die Lumières-toekenning ontvang.