![]() Matilda II by die Tenkmuseum in Bovington | |
Tipe | Infanterietenk |
---|---|
Oorsprong | ![]() |
Diensgeskiedenis | |
In gebruik | 1939–1955 |
Gebruik deur | Verenigde Koninkryk Australië Sowjetunie |
Oorloë | Tweede Wêreldoorlog Arabiese-Israeli oorlog van 1948 |
Produksiegeskiedenis | |
Ontwerper | Mechanization Board en Vulcan Foundry |
Ontwerp | 1937[1] |
Vervaardiger | Vulcan Foundry en andere |
Vervaardig | 1937–1943 |
Aantal gebou | 2 987 |
Spesifikasie | |
Massa | 25 metrieke ton[1] |
Bemanning | 4 (drywer, kanonnier, laaier, bevelvoerder)[2] |
Pantser |
20 tot 78 mm[2] |
Primêre bewapening |
QF-2 ponder (40 mm) kanon met 93 pantserbreekprojektiele |
Sekondêre bewapening |
7.92 mm Besa masjiengeweer 2 925 rondtes |
Enjin | 2×diesel 6-silinder 7-literenjins: 2×AEC[nota 1] of 2×British Leyland[1] |
Enjinlewering | 140 kW (Leyland-enjin)[1] |
Suspensie | kronkelvere[1] |
Operasionele bereik |
257 km[2] |
Snelheid | 26 km/h op die pad 14 km/h in die veld. |
Stuurstelsel | Rackham-koppelaars[3] |
Die Infanterietenk Merk II, beter bekend as die Matilda, was 'n Britse infanterietenk van die Tweede Wêreldoorlog.[1]
Die oorspronklike ontwerp van die tenk het bekend gestaan as die A12 spesifikasie in 1936, as 'n opvolger van die eerste Britse infanterietenk, die Matilda I. Die Matilda I was slegs toegerus met 'n masjiengeweer en het 'n bemanning van twee gehad terwyl die Matilda II met 'n 40 mm kanon toegerus is. Die Merk I was bekend as Matilda en die groter A12 was bekend as Matilda II of Matilda senior. Die Merk I is in 1940 uit diens onttrek en van toe af was die A12 bekend as die Matilda.
Die Matilda II was 'n goeie ondersteuningstenk vir die infanterie omrede dit goed gepantser was; dit was egter stadig en die 40 mm kanon was ontoereikend. Dit was die enigste Britse tenk wat van die begin tot die einde van die oorlog in diens was. Dit word meer geassosieer met die Noord-Afrika-veldtog. Dié tenk is in 1941 met die ligter en goedkoper Valentine Mk III-tenk vervang vir gebruik op die front.
Verwysingfout: <ref>
tags exist for a group named "nota", but no corresponding <references group="nota"/>
tag was found